Psalms 98
Afrikaans PWL
1’n Gedig met instrumentale musiek. Sing tot יהוה ’n nuwe lied, want Hy het wonderlike dinge gedoen; Sy regterhand en Sy afgesonderde arm het vir Hom die oorwinning gebring.

2יהוה het Sy verlossing bekend gemaak, Sy onpartydige opregtheid voor die oë van die nasies openbaar.

3Hy het Sy onverdiende guns en waarheid teenoor die huis van Yisra’el onthou; al die eindes van die aarde het die verlossing van ons God gesien.

4Roep uit van vreugde tot יהוה die hele aarde; juig, jubel, sing en maak musiek!

5Sing en maak musiek tot יהוה met die harp, met die harp en die stem van sang, begelei met instrumente,

6juig met harde klanke van trompette en ramshorings voor die Teenwoordigheid van יהוה, die Koning!

7Laat die see en sy volheid raas, die wêreld en hulle wat daarin woon.

8Laat die riviere hulle hande klap, die heuwels saam vreugdevol wees

9voor die Teenwoordigheid van יהוה, want Hy kom om die aarde te oordeel; met onpartydige opregtheid sal Hy die wêreld oordeel, die mense met gelykheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 97
Top of Page
Top of Page