Psalms 99
Afrikaans PWL
1יהוה heers; laat die volke bewe! Hy sit bo die gérubs; laat die aarde skud!

2יהוה is groot in Tziyon; Hy is hoog bo al die volke verhewe.

3Laat hulle U groot en geëerde Naam (Karakter en Outoriteit) loof en prys met uitgestrekte hande, want dit is afgesonderd.

4Die Koning se sterkte het ook die regverdige oordeel lief; U bevestig gelykheid; U voer oordeel, onpartydige opregtheid uit in Ya’akov.

5Lig יהוה, ons God, hoog op en val op die grond neer voor Sy voetstoel, want Hy is afgesonderd!

6Moshe en Aharon was onder Sy priesters en Sh’mu’el onder hulle wat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep. Hulle het יהוה aangeroep en Hy het hulle geantwoord.

7Hy het met hulle in die wolkkolom gepraat, hulle het Sy getuienisse onderhou en die verbond wat Hy aan hulle gegee het.

8U het hulle geantwoord, o יהוה, ons God, U was vir hulle ’n Vergelder, o God, beloon hulle volgens hul dade.

9Lig יהוה, ons God hoog op en val op julle gesigte neer by Sy afgesonderde berg, want יהוה, ons God, is Afgesonderd.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 98
Top of Page
Top of Page