Psalms 97
Afrikaans PWL
1יהוה heers; laat die aarde hom verheug; laat die baie eilande bly wees!

2Wolke en donkerheid is rondom Hom; onpartydige opregtheid en regverdige oordeel is die fondasie van Sy troon.

3Vuur gaan voor Hom uit en verbrand Sy vyande rondom.

4Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde het gesien en gebewe.

5Die heuwels smelt soos was voor die Teenwoordigheid van יהוה, voor die Teenwoordigheid van die Meester van die hele aarde.

6Die hemele verklaar Sy onpartydige opregtheid en al die volke sien Sy lof, eer en aanbidding.

7Beskaamd staan almal wat gemaakte beelde dien, wat hulle op afgode beroem; aanbid Hom, alle magtiges.

8Tziyon het gehoor en was bly en die dogters van Y’hudah verheug hulle oor U oordele, o יהוה,

9want U, יהוה, is hoog verhewe oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo alle gode.

10Julle wat יהוה liefhet, moet die boosheid haat! Hy bewaar die lewens van Sy afgesonderdes; Hy bevry hulle uit die hand van die bose.

11Die lig skyn vir die onpartydig-opregte en blydskap vir die opregtes van verstand, wil en emosie.

12Verheug julle in יהוה, regverdiges en loof en dank met hande uitgestrek by die herinnering aan Sy afgesonderdheid!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 96
Top of Page
Top of Page