Psalms 93
Afrikaans PWL
1יהוה regeer, Hy is met majesteit bekleed. יהוה is bekleed met sterkte waarmee Hy Homself omgord het. Die wêreld is ook vasgestel sodat dit nie beweeg kan word nie.

2U troon is van ouds af vasgestel; U is van ewigheid af.

3Die riviere vloei vol, o יהוה, die riviere het hulle stem opgelig; die riviere vloei met reinheid!

4יהוה daar hoog is magtiger as die klank van baie waters, ja, as die magtige golwe van die see!

5U getuienisse is baie seker. Afgesonderdheid pas vir ewig by U huis, o יהוה!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 92
Top of Page
Top of Page