Psalms 94
Afrikaans PWL
1O יהוהGod aan Wie wraak toekom; o, God aan Wie wraak toekom, wys Uself!

2Lig Uself op, Regter van die aarde; beloon die trotsaard!

3O יהוה, hoe lank sal die bose, hoe lank sal die bose grootpraat?

4Hulle uiter en praat onregverdighede; hulle praat allerhande bose dinge,

5want hulle het U volk verneder, o יהוה, U erfenis onderdruk.

6Hulle maak die weduwee en die onskuldige dood en vermoor die vaderlose.

7Tog sê hulle: “יהוה sien dit nie en die God van Ya’akov ag dit ook nie.”

8Verstaan, o onverstandiges onder die volk en julle dwase, wanneer sal julle wys word?

9Sou Hy wat die oor geplant het, nie hoor nie, of Hy wat die oog gevorm het, sal Hy nie sien nie?

10Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie; Hy wat die mens kennis leer, sal Hy nie weet nie?

11יהוה ken die gedagtes van die mens; dit is soos ’n asem.

12Geseënd is die man wat deur U gedissiplineer word, o יהוה en wat deur U geleer word vanuit U wet

13dat U hom rus kan gee van die dae van teëspoed totdat die put vir die bose gegrawe sal word,

14want יהוה sal nie Sy volk eenkant gooi nie en ook nie Sy erfenis verlaat nie,

15want die oordeel sal terugkeer tot die onpartydig-opregte en al die opregtes van verstand, wil en emosie sal dit volg.

16Wie sal namens my opstaan teen die boosdoeners? Wie sal opstaan teen die werkers van onregverdigheid?

17As יהוה nie vir my ’n Hulp was nie, dan was my lewe gou in die moeilikheid.

18As ek sou sê: “My voet gly,” het U onverdiende guns my opgehou, o יהוה!

19In die menigte van my verdriet, verkwik U vertroostinge my lewe.

20Bose heersers sal nie gemeenskap met U hê nie, want hulle het moeilikheid teen U wet beplan.

21Hulle stel strikke teen die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed,

22maar יהוה is my Verdediging en my God is die Rots van my skuiling.

23Hy sal hulle eie oortredinge op hulle laat kom en hulle stilmaak in hul eie boosheid; ja, יהוה, ons God, sal hulle stilmaak.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 93
Top of Page
Top of Page