Psalms 92
Afrikaans PWL
1’n Gedig met instrumentale musiek, ’n lied vir die Shabbat. 2 Dit is ’n goeie ding om dank en lof met uitgestrekte hande aan יהוה te gee en tot U Naam (Karakter en Outoriteit) te sing en musiek te maak, o Allerhoogste;

2om U liefdevolle goedheid in die oggend en U getrouheid elke nag te verkondig.

3Ek sal op die tiensnarige instrument en op die lier speel, op die harp met ’n plegtige klank,

4want deur U dade het U my bly gemaak, o יהוה; ek sal uitroep van vreugde oor die werke van U hande.

5Hoe groot is U werke, o יהוה; baie diep is U gedagtes!

6’n Dom mens weet nie en ook verstaan ’n dwaas dit nie:

7as die goddelose mense opspring soos gras en al die werkers van boosheid floreer, is dit dat hulle vir ewig vernietig sal wees,

8maar U is die Allerhoogste vir ewig, יהוה,

9want let op, U vyande, o יהוה, let op, U vyande sal vergaan; al die werkers van boosheid sal verstrooi word,

10maar U verhoog my horing soos die horing van ’n wilde bul (Aurogs); ek sal gesalf word met welriekende olie.

11My oog sal ook my begeerte oor my vyande sien en my ore sal my begeerte hoor teen die bose wat teen my opstaan.

12Die regverdige sal floreer soos die palmboom; hy sal opgroei soos ’n seder in L’vanon.

13Die wat geplant is in die huis van יהוה, sal floreer in die howe van ons God.

14Hulle sal steeds vrugte dra op ’n hoë ouderdom, hulle sal mooi en begeerlik wees,

15om te wys dat יהוה opreg is; Hy is magtig en daar is geen boosheid in Hom nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 91
Top of Page
Top of Page