Psalms 91
Afrikaans PWL
1Hy wat bly in die beskerming van die Allerhoogste, sal volhard onder die skaduwee van die Almagtige.

2Ek sal van יהוה sê: “Hy is my Skuilplek en my Vesting, my God, in Hom sal ek vertrou.”

3Hy sal jou sekerlik bevry uit die net van die voëlvanger en van leë geskinder.

4Hy sal jou toedek met Sy vere en onder Sy vlerke sal jy vertrou; Sy waarheid sal jou skild en groot skild wees.

5Jy sal nie vir die angs van die nag of vir die pyl wat bedags vlieg vrees nie,

6ook nie vir die sameswering wat versprei in die donker, of vir die pestilensie wat op die middag verwoes nie!

7Duisend sal val aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand, maar dit sal nie naby jou kom nie.

8Jy sal net met jou oë die vergelding van die bose sien,

9want U, יהוה, is my Vertroue; U het U blyplek in die hoogste plek gemaak.

10Geen boosheid sal op jou val of enige plaag naby jou tent kom nie,

11want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou in al jou doen en late te beskerm.

12Hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie jou voet teen ’n klip sou stamp nie.

13Jy sal op die leeu en die adder trap, die jong leeu en die draak onder jou voet vertrap.

14Omdat hy My voortdurend liefhet sal Ek hom bevry; Ek sal hom hoog oplig omdat hy My Karakter en Outoriteit (Naam) ken.

15Hy sal My aanroep en Ek sal hom antwoord; Ek sal by hom wees deur moeilikheid, Ek sal hom bevry en hom eer.

16Met ’n lang lewe sal Ek hom tevrede stel en aan Hom My verlossing wys.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 90
Top of Page
Top of Page