Psalms 89
Afrikaans PWL
1’n Onderwysing van Eitan, die Ezrahiet. 2 Ek sal sing van die goedheid van יהוה vir ewig; ek sal U getrouheid van geslag tot geslag met my mond bekend maak,

2want ek het gesê: “Die wêreld sal opgebou word deur goedheid; U getrouheid word in die hemele bevestig.”

3Ek het ’n verbond gesluit met wie Ek gekies het; Ek het gesweer tot Dawid, My dienskneg:

4“Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag.”

5Die hemele sal U wonders loof met uitgestrekte hande, o יהוה, U getrouheid ook in die vergadering van die afgesonderdes,

6want wie in die hemel kan met יהוה vergelyk word? Wie van die engele kan met יהוה vergelyk word?

7God staan op in die raad van die afgesonderdes, groot en respekteerbaar bo almal wat rondom Hom is.

8O יהוה, God van die leërmagte, wie is magtig soos U? U getrouheid is rondom U!

9U heers oor die prag en praal van die see; U maak sy golwe stil.

10U het die trotses verneder soos een wat verslaan is, U het U vyande met U sterk arm verstrooi.

11Die hemele behoort aan U, ook die aarde is U s’n; wat die wêreld en sy volheid betref, U het dit begin.

12Die noorde en die suide, U het hulle geskep; Tavor en Hermon sal in U Naam (Karakter en Outoriteit) sing van vreugde.

13Dit is U arm en dit is U mag; U hand is sterk en U hand sal opgelig word.

14U troon word gebou op onpartydige opregtheid en regverdige oordeel; onverdiende guns en waarheid gaan voor U Teenwoordigheid uit.

15Gelukkig is die volk wat U Gemanifesteerde Teenwoordigheid ken; o יהוה, hulle sal in die lig van U aangesig loop.

16In U Naam (Karakter en Outoriteit) sal hulle die hele dag lank juig en deur U onpartydige opregtheid opgelig word,

17want U is die Mooiheid van ons sterkte en deur U guns sal ons horing opgelig word,

18want יהוה is ons Versekerde Verwagting en die Afgesonderde Een van Yisra’el is ons Koning.

19Toe het Hy in visioene gepraat met Sy regverdige en gesê: “Ek het hulp verleen aan ’n man, Ek het een opgelig wat vanuit die volk gekies is.

20Ek het Dawid, My dienskneg, gevind; met My afgesonderde olie het Ek hom gesalf.

21My hand het hom gehelp, My arm het hom ook versterk.

22Die vyand sal nie sterk wees teenoor hom nie, of die seuns van die bose hom lastig val nie

23en Ek sal sy vyande voor hom vernietig en die een wat hom haat, lastig val,

24maar My getrouheid en onverdiende guns sal by hom wees en in My Karakter en Outoriteit (Naam) sal sy horing opgelig word.

25Ek sal sy hand ook op die see lê en sy regterhand op die riviere.

26Hy sal na My toe uitroep: ‘U is my Vader, my God en my Magtige Verlosser!’

27Ék sal hom My eersgeborene maak en hom verhoog bo die konings van die aarde.

28Ek sal My goedheid vir ewig vir hom hou en My verbond sal vas staan met hom.

29Ek sal ook sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

30As sy seuns My wet verlaat en nie in My oordele lewe nie,

31as hulle My instellings verbreek en My opdragte nie uitvoer nie,

32dan sal Ek hulle oortredinge met die lat besoek en hulle onregverdigheid met houe.

33Nogtans sal Ek My liefdevolle goedheid nie heeltemal van hom af wegvat of My goedheid laat faal nie.

34Ek sal ook nie My verbond verwerp, of die dinge wat oor My lippe gegaan het, verander nie.

35Een maal het Ek teenoor Dawid by My afgesonderdheid gesweer en Ek sal nie lieg nie!

36Sy nageslag sal aanhou vir ewig en sy troon soos die son voor My.

37Dit sal soos die maan vir ewig as ’n getroue getuie in die hemel vasstaan.”

38U het ons egter verstoot en verag, U het dat U gesalfde sy gesig draai.

39U het die verbond met U dienskneg verwerp, U het sy kroon teen die grond gegooi.

40U het al sy omheinings afgebreek; U het sy vestings tot vernietiging gebring.

41Almal wat verbygaan het op hom getrap; hy het ’n bespotting vir sy bure geword.

42U het die regterhand van sy teëstanders opgestel; U het al sy vyande bly gemaak.

43U het die snykant van sy swaard gedraai en hom nie ondersteun in die geveg nie.

44U het sy lof en eer laat ophou en sy troon teen die grond neergegooi.

45U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek.

46Hoe lank sal U, o יהוה, kwaad wees? Sal U woede vir ewig brand soos ’n vuur?

47Onthou my vanaf die tyd wat ek geskep is, want U het alle mense nie sonder rede geskep nie.

48Wie is die mens wat leef en nie die dood sal sien nie? Sal hy sy lewe red uit die hand van Sh’ol?

49יהוה, waar is U vorige liefdevolle goedheid wat U aan Dawid in U waarheid gesweer het?

50Onthou, יהוה, die bespotting van U diensknegte, want ek het deur my lewe die bespotting van die ander nasies verdra,

51waarmee U vyande, o יהוה, my gespot het, waarmee hulle die voetstappe van U gesalfde gespot het.

52Geseënd is יהוה vir ewig! ’n Ewige waarheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 88
Top of Page
Top of Page