Psalms 88
Afrikaans PWL
1’n Lied, ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek; vir die musiekleier: op die wysie van “Máhalat leannot (Siekte van onderdrukking),” ’n onderwysing van Heman, die Ezrahiet. 2 יהוה, God van my verlossing, ek het dag en nag voor U uitgeroep.

2Laat my gebed voor U kom, draai U oor tot my smeking,

3want my lewe is vol moeilikhede en my lewe is naby Sh’ol.

4Ek word gereken by hulle wat afgaan in die put; ek is soos ’n man sonder krag,

5soos ’n edelman verlate tussen die dooies, soos die wat neergeslaan is, wat in die graf lê, vir wie U nie meer onthou nie; hulle is verlore vir U.

6U het my in die diepste put neergelê, in duisternis, in die skadu van die dood.

7U woede rus swaar op my en U het my neergedruk met al U golwe.

8U het hulle wat my ken ver van my af verwyder, my vir hulle verwerplik gemaak; ek is toegesluit en kan nie uitkom nie.

9My oë is verswak deur te huil. יהוה, ek het daagliks na U toe uitgeroep, ek het my hande uitgesteek na U toe.

10Let op, U sal wonders aan die dooies wys; die magtiges sal opstaan en U loof en dank met uitgestrekte hande.

11Hulle wat in die graf is sal U liefdevolle goedheid verkondig en U getrouheid in verwoesting.

12U wonders sal bekend wees in die duisternis en U onpartydige opregtheid in die land wat in die steek gelaat is.

13Ek het egter na U geroep, o יהוה en in die oggend sal my gebed vroeg voor U kom.

14יהוה, verstoot nie my lewe en draai nie U gesig weg van my nie.

15Ek is arm en neergebuig van my jeug af; ek was trots, maar nou is ek verneder en vergruis.

16U intense woede gaan oor my; U verskrikkinge het my stil gemaak;

17hulle het my elke dag omring soos water, hulleself opgestel rondom my.

18U het vriende en naaste ver van my verwyder; die wat my ken, het U van my af weggehou.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 87
Top of Page
Top of Page