Psalms 87
Afrikaans PWL
1’n Gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek; ’n lied. Haar fondasies is op Sy afgesonderde berg.

2יהוה het die poorte van Tziyon meer lief as al die blyplekke van Ya’akov.

3Wonderlike dinge word van jou gesê, o stad van ons God!

4Ek sal noem van Ragav en Bavel, want hulle ken my krag; let op P’leshet, Tzor en die mense van Kush, dit sal gesê word dat hierdie man daar gebore is

5en van Tziyon sal gesê word: “Hierdie magtige man is in haar gebore en hy sal haar in stand hou.”

6יהוה sal Sy volk tel soos Hy hulle in die boek opskryf; hierdie man is daar gebore.

7Die prinse wat in jou bly sal bly wees en almal wat in jou nederig gemaak is.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 86
Top of Page
Top of Page