Psalms 86
Afrikaans PWL
1’n Gebed van Dawid. Draai U oor na my, o יהוה, hoor my, want ek is arm en behoeftig.

2Bewaar my lewe, want U is afgesonderd; o my God, red U dienskneg wat in U vertrou.

3Wees my goedgunstig, o יהוה, want ek roep elke dag na U.

4Verbly die lewe van U dienskneg, want tot U, o יהוה, lig ek my lewe op,

5want U, o יהוה, is goed en U liefdevolle goedheid is oorvloedig vir almal wat U aanroep.

6Luister na my gebed, o יהוה en gee aandag aan die stem van my smekinge.

7In die dag van my moeilikheid het ek na U geroep en U het my geantwoord.

8Daar is niemand soos U, o יהוהmy God en daar is geen dade soos U s’n nie.

9Al die nasies wat deur U gemaak is, sal kom en voor U neerbuig, o יהוה en U volle Karakter en Outoriteit (Naam) loof en eer,

10want U is groot en doen wonderlike dinge; U alleen is God.

11Wys my U lewenswyses, ek sal in U waarheid lewe; my verstand, wil en emosie sal bly wees saam met hulle wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanbid.

12Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande, o יהוה, my God, met my hele verstand, wil en emosie en ek sal U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig loof, eer en aanbid,

13want U liefdevolle goedheid is groot teenoor my en U het my lewe uit die dieptes van Sh’ol bevry.

14O God, die bose het teen my opgestaan en die vergadering van gewelddadige manne soek my lewe en hulle dink nie aan U nie,

15maar U, o יהוה-God, is vol liefdevolle omgee en onverdiende guns, lankmoedig en oorvloedig in goedheid en waarheid.

16Draai na my toe en bewys aan my onverdiende guns; gee krag aan U dienskneg en red die seun van U diensmaagd.

17Wys aan my ’n teken ten goede sodat hulle wat my haat dit kan sien en beskaamd kan staan omdat U, o יהוה, my gehelp en vertroos het.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 85
Top of Page
Top of Page