Psalms 60
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier op die wysie van “Die Lelie van die Getuienis:” ’n onderriggewende gedig van Dawid, 2 toe hy oorlog gevoer het teen Aram-Naharayim (die Arameërs van Mesopotámië) en Aram-Tzovah (die Arameërs van Tzovah) en Yo’av teruggekom en twaalf duisend Edomiete verslaan het in die Soutvallei.

2O God, U het ons verlaat, ons verstrooi; U was ontevrede met ons; o, draai Uself weer om na ons toe!

3U het die aarde laat bewe, dit oopgekloof; genees sy breuke, want dit is verswak!

4U het aan U volk harde dinge gewys; U het ons die afsaksels van die wyn laat drink.

5U het ’n wonderwerk gegee aan hulle wat U respekvol vrees sodat hulle nie hoef te vlug vir die boog nie

6sodat die een waarvoor U lief is voorbereid mag wees. Verlos deur U regterhand en antwoord my!

7God het in Sy afgesonderdheid gepraat: ‘Ek sal sterk wees en Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.

8Gil’ad is Myne en M’nasheh is Myne; Efrayim is die sterkte van My kop; Y’hudah is My koning;

9Mo’av is My waskom; oor Edom sal Ek belasting eis; Ek sal triomfeer oor P’leshet!’

10Wie sal my inlei in Edom? Wie sal my inbring in die versterkte stad?

11Let op, o God, U het ons weggestamp en U het nie voor ons uitgetrek met ons leërs nie.

12Gee vir ons krag teen ons vyande, want die hulp van die mens is leeg. 14 Deur God sal ons dapper dade doen, want dit is Hy wat ons vyande sal vertrap.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 59
Top of Page
Top of Page