Psalms 59
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier op die wysie van “U moenie vernietig nie:” ’n gedig van Dawid, toe Sha’ul gestuur het om die huis dop te hou en hom dood te maak. 2 Bevry my van my vyande, o my God! Verdedig my teen hulle wat teen my opstaan!

2Bevry my van die werkers van boosheid en verlos my van bloeddorstige manne,

3want let op, hulle lê en wag vir my lewe; hulle het boosheid teen my vermenigvuldig, nie omdat ek gesondig of oortree het nie, o יהוה!

4Hulle hardloop en berei hulle voor teen my sonder om te oorweeg of ek fouteer het!

5Ontwaak om my te help en let op, יהוה-God van die leërmagte, die God van Yisra’el, ontwaak om al die nasies te besoek en spaar geen wetsoortreder nie!

6Hulle kom terug teen die aand; hulle maak geluide soos honde en dwaal rond deur die stad.

7Let op, hulle smaal met hul monde; swaarde is op hulle lippe, want ‘wie,’ sê hulle, ‘gee om?’

8U, o יהוה, sal egter vir hulle lag; U sal spot met al die nasies.

9Tot U sal ek lofprysing gee, o God, want U is my Verdediging.

10O God, U liefdevolle goedheid het voor my uitgegaan; God het my laat lewe om wraak op my vyande te sien.

11Spaar hulle as ’n lewende voorbeeld sodat my volk dit nie vergeet nie, maar verstrooi hulle deur U krag en werp hulle neer, o יהוה, my Versekerde Verwagting,

12vir die sonde van hulle mond en die woorde van hulle lippe, laat hulle selfs gevang word in hul trots, want dit is vloeke en leuens wat hulle praat.

13Verteer hulle in U wraak, verteer hulle dat hulle nie meer sal wees nie sodat hulle kan weet dat God oor Ya’akov en oor die eindes van die aarde heers

14en laat hulle terugkom teen die aand en laat hulle geluide maak soos honde en ronddwaal deur die stad.

15Laat hulle honger wees en nie gevul word nie en ook nie ’n blyplek vind nie,

16maar ék sal sing van U krag, ja ek sal hardop sing van U eer, lof en aanbidding in die oggend, want U was my Verdediging en my Toevlug in die dag van my moeilikheid.

17Tot U, o God, sal ek sing en musiek maak, want U is die God van my toevlug en die God van my eer, lof en aanbidding.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 58
Top of Page
Top of Page