Psalms 61
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid met snaarinstrumente. 2 Luister en hoor my uitroep, o God, gee aandag aan my gebed!

2Vanaf die einde van die aarde sal ek na U roep wanneer my verstand, wil en emosie oorweldig is, want U het my op ’n Rots opgelei en my getroos,

3want U is ’n Toevlug vir my, ’n Sterk Toring teen my vyande.

4Ek sal in U tent bly vir ewig, my skuilplek maak in die skaduwee van U vlerke,

5want U, o God, het my beloftes gehoor; U het ’n erfenis gegee aan hulle wat U Naam (Karakter en Outoriteit) respekvol vrees.

6U het dae by die koning se dae bygevoeg en sy jare soos baie geslagte gemaak.

7Hy sal vir ewig voor die Teenwoordigheid van God gevestig word; onverdiende guns en regverdige oordeel sal hom bewaar.

8Só sal ek sing en musiek maak tot U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig, wanneer ek daagliks my beloftes nakom.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 60
Top of Page
Top of Page