Psalms 47
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Al die volke, klap julle hande! Skreeu dit uit tot God met ’n klank van triomferende vreugde,

2want יהוה-Elyon (die Allerhoogste Magtige God) word respekvol gevrees! Hy is ’n groot Koning oor die hele aarde.

3Hy onderwerp volke onder ons en nasies onder ons voete.

4Hy het ons gekies vir die erfenis en vir die eer en lof van Ya’akov, wat Hy liefhet.

5God het opgegaan met ’n uitroep van vreugde, יהוה met die klank van die ramshoring.

6Sing en maak musiek tot God! Sing en maak musiek! Sing en maak musiek tot ons Koning, sing en maak musiek,

7want God is die Koning van die hele aarde! Sing en maak musiek met insig.

8יהוה regeer oor die ander nasies; יהוה sit op Sy afgesonderde troon.

9Die prinse van die volke het teruggedraai na die God van Avraham, want die heersende outoriteit oor die aarde behoort aan יהוה en Hy word hoog opgelig!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 46
Top of Page
Top of Page