Psalms 46
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: van die seuns van Korag, met sopraanstemme, ’n lied. 2 God is ons Skuilplek en Sterkte; ’n baie Teenwoordige Hulp in moeilikheid.

2U was nog altyd by ons; daarom sal ons nie vrees as die aarde geskud word en die berge in die diepte van die see afgeskud word nie;

3al raas sy waters en kook dit op, al skud die berge deur die krag daarvan!

4Daar is ’n rivier waarvan die strome die stad van God sal opvrolik, die afgesonderde blyplekke van die Allerhoogste.

5God is in haar midde, sy sal nie beweeg word nie; God sal haar help in die vroeë oggend.

6Die nasies het hulle tande gekners, koninkryke het gebewe; Hy het Sy stem verhef en die aarde het geskud.

7יהוה-Tzva’ot is by ons; die God van Ya’akov is ons Skuilplek.

8Kom, let op die dade van יהוה, want Hy doen wonderwerke op die aarde.

9Hy laat die oorloë tot by die einde van die aarde ophou, breek die boog en slaan die spies stukkend, verbrand die strydwaens met vuur.

10Draai terug en weet dat Ek God is; Ek is verhoog bo die nasies en Ek is verhoog op die aarde.

11יהוה-Tzva’ot is by ons; die God van Ya’akov is ons Skuilplek.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 45
Top of Page
Top of Page