Psalms 45
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; volgens: “Lelies (Shoshannim):” ’n onderriggewende gedig van die seuns van Korag; ’n lied van liefde. 2 My binneste borrel oor van goeie nuus en ek vertel my dade aan die koning; my tong is die pen van ’n vaardige skrywer.

2U is mooier as die seuns van die mens; onverdiende guns is uitgestort oor u lippe; daarom het God u geseën vir ewig.

3Gord u swaard aan u heup, o magtige krygsman, met u lof, eer en aanbidding en u majesteit;

4U majesteit is triomferend! Ry op die Boodskap van waarheid, nederigheid, onpartydige opregtheid; U leringe word bevestig deur respekvolle vrees vir u regterhand!

5U pyle is skerp, laat hulle die hart van die koning se vyande deurboor en laat die volke onder u val.

6U troon, o God, is vir ewig en ewig; die septer van U Koninkryk is ’n septer van regverdigheid.

7U het onpartydige opregtheid lief en haat wetsoortredings; daarom het God, u God, u gesalf met olie van blydskap bo u metgeselle.

8Al u klere ruik na mirre, aalwyn en kassie, vanuit die wonderlike tempel waar hulle u bly gemaak het.

9Die koning se dogter staan in lof en eer; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.

10Luister, hoor en doen, o dogter, oorweeg en draai jou oor; vergeet ook u volk en die huis van u vader;

11Die koning sal u skoonheid sterk begeer, want hy is u meester, buig respekvol voor hom.

12Die dogter van Tzor sal met ‘n geskenk kom, selfs die rykes onder die mense sal u guns soek met geskenke.

13Al die lof en eer van die koning se dogter kom van binne af; haar klere is versier met suiwer goud.

14Sy sal na die koning gebring word met geborduurde geskenke en haar maagdelike metgeselle sal volg in haar prosessie.

15Hulle sal gebring word met oorweldigende blydskap en vreugde en in die koning se paleis ingaan.

16In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as prinse oor die hele aarde.

17Ek sal dat u naam (karakter en outoriteit) onthou word in alle geslagte; daarom sal die mense u vir ewig en ewig loof en dank met uitgestrekte hande.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 44
Top of Page
Top of Page