Psalms 44
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n onderriggewende gedig van die seuns van Korag. 2 O God, ons het met ons ore gehoor, ons vaders het ons vertel watter dade U gedoen het in hulle dae, in die ou dae.

2Hoe U die nasies met U eie hand vernietig het en U volk gevestig het; U het die koninkryke geteister en U volk versterk,

3want hulle het nie die land deur hul swaard geërf nie en hul arm het hulle ook nie gered nie, maar U regterhand, U arm en die Lig van U Teenwoordigheid omdat U tevrede was met hulle.

4U self is my Koning, o God, want U beveel die oorwinnings vir Ya’akov.

5Deur U sal ons ons teëstanders deurboor; deur U Karakter en Outoriteit (Naam) sal ons hulle wat ons haat, vertrap,

6want ons vertrou nie op ons boë nie en nie in ons pantser om ons te beskerm nie,

7maar U het ons verlos van dié wat ons haat.

8Ons loof, eer en aanbid U die hele dag lank, o God en ons loof en dank U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande vir ewig.

9Nou het U ons egter verstoot en tot skande gemaak en U trek nie saam uit met ons leërs nie,

10maar U laat ons terugdraai van die teëstander en ons vyande plunder ons.

11U verkoop ons soos slagskape en U het ons onder die nasies verstrooi.

12U verkoop U volk goedkoop en het geen wins uit hulle verkope nie.

13U maak ons ’n bespotting vir ons bure, ’n spot en veragting vir die wat rondom ons is.

14U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies, ’n skud van die kop onder die volke.

15My skande is die hele dag voor my en my vernedering oorweldig my

16weens die stem van die een wat beskuldig en kwaadpraat, weens die vyand wat wraak neem.

17Dit alles het oor ons gekom, tog het ons U nie vergeet en nie vals opgetree teen U verbond nie.

18Ons het nie teruggedraai nie en ons voete nie van U pad weggedraai nie,

19want U het ons ’n tweede keer in die land nederig gemaak en ons met die skaduwee van die dood bedek.

20Tog het ons nie die Naam (Karakter en Outoriteit) van ons God vergeet, of ons hande na vreemde gode uitgesteek nie;

21God sal dit raaksien, want Hy ken die geheime van die verstand, wil en emosie.

22Ja, om U ontwil word ons elke dag gedood; ons word gereken as slagskape.

23Ontwaak en moenie slaap nie, o יהוה, onthou ons en verlaat ons nie!

24Moenie U gesig van ons af wegdraai nie en vergeet nie ons vernedering en ons onderdrukking nie,

25want ons lewe is tot in die stof verneder en ons liggaam raak aan die aarde.

26Staan op om ons te help en koop ons vry ter wille van U liefdevolle goedheid!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 43
Top of Page
Top of Page