Psalms 43
Afrikaans PWL
1Oordeel my, o God en verdedig my regsaak teen volk sonder genade; bevry my van die man van bedrog en onreg,

2want U is die God van my krag; waarom het U my verwerp? Waarom moet ek rou deur my vyand se onderdrukking?

3Stuur U Lig en U Waarheid; hulle sal my lei; hulle sal my bring na U afgesonderde berg en na U blyplek,

4dan sal ek voor die altaar van God gaan, na die God van my oorweldigende blydskap en U loof met die harp, o God, my Magtige God!

5Waarom is jy omgekrap, o my lewe en waarom is jy treurig in my? Behou versekerde verwagting in God, want ek sal Hom steeds loof en dank met uitgestrekte hande, my God en die Redder van my eer!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 42
Top of Page
Top of Page