Psalms 29
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Gee aan יהוה, o seuns van magtiges, gee aan יהוה eer, lof en aanbidding!

2Gee aan יהוה die eer, lof en aanbidding waardig aan Sy Karakter en Outoriteit; val neer voor יהוה in die hof van Sy Afgesonderde tempel!

3Die stem van יהוה is oor die waters, die God van eer, lof en aanbidding donder; יהוה is oor baie waters.

4Die stem van יהוה is kragtig; die stem van יהוה is vol majesteit.

5Die stem van יהוה breek die seders; ja, יהוה verbreek die seders van L’vanon.

6Hy laat L’vanon ook spring soos ’n kalf en Siryon soos ’n wilde bul (Aurogs).

7Die stem van יהוה verdeel die vlamme van vuur.

8Die stem van יהוה skud die wildernis; יהוה skud die wildernis van Kadesh.

9Die stem van יהוה laat die takbokke lam en stroop die woude kaal; in Sy tempel praat elkeen van Sy lof, eer en aanbidding!

10יהוה beheer die vloed; ja, יהוה sit as Koning vir ewig.

11יהוה sal krag aan Sy volk gee, יהוה sal Sy volk seën met vrede, gesondheid, vreugde, voorspoed en vergenoegdheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 28
Top of Page
Top of Page