Psalms 28
Afrikaans PWL
1Van Dawid. Ek roep uit na U, o יהוה! My Rots, wees nie stil teenoor my nie; as U stilbly teenoor my, word ek soos dié wat afgaan in die put.

2Hoor en luister na die stem van my smekinge as ek na U om hulp uitroep, wanneer ek my hande oplig na U Afgesonderde tempel.

3Ruk my nie weg saam met die wetsoortreders en die werkers van onregverdigheid, wat van vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid praat met hulle naaste, maar daar is boosheid in hulle verstand, wil en emosie, nie.

4Beloon hulle volgens hul dade en volgens hul bose praktyke. Beloon hulle volgens die dade van hulle hande, dit wat hulle verdien.

5Omdat hulle nie die dade van יהוה of die werk van Sy hande verstaan nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie opbou nie.

6Geseënd is יהוה, want Hy het na die stem van my smekinge geluister.

7יהוה is my Helper en my Skild; my verstand, wil en emosie vertrou op Hom en ek is gehelp; daarom sal ek spring van vreugde en Hom loof en dank met my hande uitgestrek.

8יהוה is die Sterkte vir Sy volk en Hy is die Beskerming van die verlossing van Sy Gesalfde.

9Red U volk, seën U erfenis en wees vir hulle ’n Herder en versorg hulle vir ewig.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 27
Top of Page
Top of Page