Psalms 30
Afrikaans PWL
1’n Gedig met instrumentale musiek; ’n lied by die inwyding van die huis van Dawid. 2 Ek sal U hoog oplig, יהוה, want U het my opgetrek en nie my vyande hul oor my laat verheug nie.

2יהוה, my God, ek het uitgeroep na U toe en U het my gesond gemaak.

3יהוה, U het my lewe uit Sh’ol laat opkom; U het my gered sodat ek nie saam met hulle in die put afgaan nie.

4Sing en maak musiek tot יהוה, o julle afgesonderdes van Hom; loof en dank Hom met uitgestrekte hande by die onthou van Sy Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit),

5want daar is teregwysing in Sy woede en lewe in Sy aanvaarding; gehuil mag duur vir die nag, maar blydskap kom in die oggend.

6Ek het in my sekuriteit gesê: “Ek sal nooit wankel nie.”

7יהוה, in U onverdiende guns het U my stewig laat staan. U het U gesig weggedraai en ek was benoud!

8Ek het tot יהוהuitgeroep en tot יהוה gesmeek:

9“Watter voordeel is daar in om my bloed te stort as ek afgaan na vernietiging? Die stof sal U nie loof en dank of U waarheid verkondig nie.

10Hoor en luister, יהוה en bewys onverdiende guns aan my! יהוה, wees U my Helper!

11U het my droefheid in ’n dans verander, U het my rouklere afgegooi en my met oorweldigende blydskap omgord

12sodat ek met eer en lof tot U kan sing en musiek maak en nie stilbly nie. יהוה, my God, ek sal U vir ewig loof en dank met uitgestrekte hande.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 29
Top of Page
Top of Page