Psalms 27
Afrikaans PWL
1Van Dawid. יהוה is my Lig en my Verlossing; vir wie sou ek vrees? יהוה is die Verdediger van my lewe; vir wie sou ek bang wees?

2As boosdoeners teen my kom om my te verteer, my teëstanders en my vyande, struikel hulle en val.

3Al slaan ’n leërmag kamp op teen my, my binneste sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, sal ek daarin verseker wees.

4Een ding het ek van יהוה gevra, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag bly in die huis van יהוה, om die lieflikheid van יהוה te sien en te mediteer in Sy tempel,

5want op die dag van moeilikheid steek Hy my weg in Sy tent; Hy steek my weg in die geheime plek van Sy tent; Hy sal my vas laat staan op ’n rots.

6Nou sal my kop hoog opgelig wees bo my vyande rondom my en daarom sal ek in Sy tent offers offer met uitroepe van vreugde; ek sal sing en musiek maak tot eer van יהוה.

7Hoor en luister na my stem, o יהוה, wanneer ek na U toe uitroep, wys my onverdiende guns en antwoord my.

8My verstand wil en emosie sê vir U: “Laat my U Teenwoordigheid soek, o יהוה!”

9Moenie U gesig van my af wegdraai nie; my moeilikheid gee in U woede nie; U is my Hulp! Verstoot en verlaat my nie, o my God en my Verlosser!

10Alhoewel my vader en my moeder my sou verlaat, het יהוה my ingeneem.

11Leer my U lewenswyse, יהוה en lei my op U regte paaie.

12Gee my nie oor in die hande van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan en gewelddadig gepraat,

13maar ek het vertrou dat ek die goedheid van יהוה sal sien in die land van die lewendes.

14Wag op יהוה! Wees onveranderlik dapper en vol vertroue! Ja, wag op יהוה!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 26
Top of Page
Top of Page