Psalms 26
Afrikaans PWL
1Van Dawid. Beoordeel my regverdig, o יהוה, want ek het in my integriteit geleef en ek het op יהוה vertrou; daarom sal ek nie huiwer nie.

2Toets my, יהוה en beproef my, deursoek my motiewe en my verstand, wil en emosie,

3want u liefdevolle omgee is voor my oë en ek het in U waarheid geloop.

4Ek sit nie by mense wat mislei nie en assosieer nie met mense wat voorgee nie.

5Ek haat die vergadering van wetsoortreders en sit nie by die kwaaddoeners nie.

6Ek was my hande in onskuld en het rondom U altaar geloop, o יהוה,

7sodat ek die Stem van U lof kan hoor en vertel van al U wonderwerkende dade.

8יהוה, ek het die gebruike van U huis lief en die plek waar U lof, eer en aanbidding bly.

9Vernietig my nie saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloedvergieting,

10in wie se hande bose planne is en wie se regterhand vol is van omkopery, nie,

11maar ék sal loop in my integriteit; koop my vry en gee vir my onverdiende guns.

12My voete staan op gelyke grond; in die vergadering sal ek kniel en יהוה seën.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 25
Top of Page
Top of Page