Psalms 143
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Luister en hoor my gebed, o יהוה; draai U oor na my smekinge; antwoord my in U eie woorde en in U onpartydige opregtheid

2en laat U dienskneg nie voor die oordeel gebring word nie, want niemand wat leef, is voor U aangesig regverdig nie,

3want die vyand het my lewe vervolg; hy het my lewe teen die grond neergegooi; hy het my in duisternis laat lewe soos hulle wat lankal dood is;

4daarom is my gees oorweldig in my, my verstand, wil en emosie binne-in my is omgekrap.

5Ek onthou uit die ou dae; ek oordink al U dade; ek dink ná oor die werke van U hande.

6Ek steek my hande uit na U; my lewe dors na U soos ’n dorstige land.

7Antwoord my gou, o יהוה: my gees faal! Steek nie U gesig vir my weg nie sodat ek nie sal wees soos hulle wat afgaan na die put nie.

8Laat my van U liefdevolle goedheid hoor in die oggend, want in U vertrou ek; laat my weet watter pad om op te loop, want ek lig my lewe op na U.

9Bevry my van my vyande, o יהוה en leer my om U wil te doen,

10want U is my God, U sagte Gees sal my lei op die pad van die lewe.

11Vertroos my, o יהוה, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil; lei my lewe uit die moeilikheid ter wille van U onpartydige opregtheid

12en maak die wat my haat stil deur U goedheid en vernietig al die vyande van my lewe, want ek is U dienskneg.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 142
Top of Page
Top of Page