Psalms 142
Afrikaans PWL
1’n Onderriggewende gedig van Dawid, toe hy in die grot was, ’n gebed. 2 Ek het hardop uitgeroep na יהוה, ek het my smeking met ’n harde stem tot יהוה gerig.

2Ek het my klagtes voor Hom uitgestort; ek het my moeilikhede voor Hom gewys.

3Toe my gees in my oorweldig was, het U my pad geken. Op die pad wat ek loop, het hulle in die geheim vir my ’n strik gespan.

4Ek het na my regterhand gekyk en daar was niemand om vir my raad te gee nie; skuiling het my gefaal, niemand het omgegee vir my lewe nie.

5Ek roep uit na U, o יהוה! Ek het gesê: “U is my Versekerde Verwagting en my Toegestaande Deel in die land van die lewendes.”

6Gee aandag aan my uitroep, want ek is laag gedruk; bevry my van my vervolgers, want hulle is sterker as ek.

7Bring my lewe uit die gevangenis sodat ek U kan loof met uitgestrekte hande. Die regverdiges sal my goed behandel totdat U my beloon.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 141
Top of Page
Top of Page