Psalms 141
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, ek roep uit na U; maak gou om my te antwoord; draai U oor na my woorde en aanvaar hulle.

2Laat my gebed voor U wees soos wierook en die oplig van my hande soos die aandoffer.

3Stel ’n wag voor my mond, o יהוה, bewaar die deur van my lippe

4sodat my verstand, wil en emosie nie neig na bose dinge en booshede doen saam met manne wat boosheid bewerk nie; laat my nie sout saam met hulle eet nie.

5Laat die regverdige my leer en my tugtig; laat die olie van die bose nie my kop salf nie, aangesien my gebed teen hulle booshede was.

6Wanneer hulle regters deur ’n sterk hand gestop word, sal hulle na my woorde luister, want hulle is soet.

7Soos die ploegskaar die grond verstrooi, laat hulle beendere gestrooi word by die mond van die graf.

8Ek het my oë na U toe opgelig, יהוה, Meester; ek het in U vertrou, moenie my lewe verwerp nie!

9Bewaar my van die hand van die trotse, want hulle het strikke vir my gespan.

10Laat die bose saam val in hulle eie nette terwyl ek sal verbygaan!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 140
Top of Page
Top of Page