Psalms 140
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Bevry my, יהוה, van bose manne, beskerm my van die manne van geweld

2wat bose dinge in hulle verstand, wil en emosie uitdink, wat aanhoudend stryd opwek.

3Hulle het hul tonge skerp gemaak soos ’n slang; gif van ’n adder is onder hulle lippe.

4Hou my, יהוה, uit die hande van die bose; beskerm my teen manne van geweld wat beplan om my vooruitgang te stop.

5Trotsaards het vir my ’n strik weggesteek; die toue van hulle net oor my paaie gespan; hulle het strikke vir my gestel.

6Ek het vir יהוה gesê: “U is my God; hoor die stem van my smekinge, o יהוה.

7יהוה, Meester, my kragtige Verlosser, U is die Skild oor my kop in die dag van die geveg!

8יהוה, gee tog nie die begeertes van die bose nie; bevorder nie hulle listige planne nie, laat hulle nie hul doel bereik nie.

9Laat die boosheid van hulle lippe hulle oordek.

10Laat brandende kole op hulle val; laat hulle in die vuur val sodat hulle nie weer opstaan nie!

11Laat sprekers van boosheid nie op die aarde bevestig word nie; boosheid sal die man van geweld jaag om hom te vernietig.

12Ek weet dat יהוה die saak van die onderdrukte sal verdedig en die reg van die behoeftiges.

13Sekerlik sal die regverdiges U Naam (Karakter en Outoriteit) loof met uitgestrekte hande, die opregtes sal in U Teenwoordigheid leef.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 139
Top of Page
Top of Page