Psalms 118
Afrikaans PWL
1Steek uit die hande tot יהוה, want Hy is goed en Sy goedheid duur vir ewig!

2Laat Yisra’el nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

3Laat die huis van Aharon nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

4Laat hulle wat יהוה respekvol vrees nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

5Vanuit my benoudheid het ek uitgeroep tot יהוה; יהוה het my geantwoord en my bevry.

6יהוה is my Hulp, ek sal nie vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen?

7יהוה is my Helper; daarom sal ek my begeertes sien oor hulle wat my haat.

8Dit is beter om op יהוה te vertrou as om vertroue in mense te plaas.

9Dit is beter om op יהוה te vertrou as om vertroue in prinse te plaas.

10Al die nasies het my omring, maar in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה sal ek hulle vernietig.

11Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel, maar in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה sal ek hulle vernietig.

12Hulle het my omsingel soos perdebye, hulle is geblus soos die vuur van dorings, want in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה sal ek hulle vernietig.

13Ek is aanhoudend afgedruk om my te laat val, maar יהוה het my gehelp.

14Yah is my Sterkte en Musiek en Hy het my Verlossing geword.

15’n Klank van uitroepe van blydskap en verlossing is in die tente van die regverdiges; die regterhand van יהוה doen kragtige dade.

16Die regterhand van יהוה het my opgelig; die regterhand van יהוה doen kragtige dade.

17Ek sal nie sterf nie, maar lewe en die dade van יהוה verkondig.

18יהוה het my hard gedissiplineer, maar Hy het my nie aan die dood oorgegee nie.

19Maak vir my die poorte van onpartydige opregtheid oop; ek sal daardeur ingaan en my hande uitsteek en יהוה loof.

20Hierdie is die poort van יהוהwaardeur die regverdiges sal ingaan.

21Ek sal U loof met uitgestrekte hande, want U het my gehoor en my Verlossing geword.

22Die Klip wat die bouers verwerp het, het die Hoof Hoekklip geword.

23יהוה het dit gedoen; dit is wonderbaarlik in ons oë.

24Hierdie is die dag wat יהוה gemaak het; ons sal in die rondte swaai van vreugde en bly wees in Hom.

25Verlos my, o יהוה; o יהוה, bevry my!

26Geseënd is hy wat kom in die Karakter en Outoriteit van יהוה! Ons het julle geseën vanuit die huis van יהוה.

27יהוה, ons God, gee vir ons lig, bind U ons feesvieringe met bande soos ’n ononderbroke ketting vas, selfs aan die horings van die altaar.

28U is my God en ek sal U loof met uitgestrekte hande; U is my God en ek sal U verhoog.

29Loof יהוה met uitgestrekte hande, want Hy is goed, want Sy goedheid duur vir ewig!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 117
Top of Page
Top of Page