Psalms 116
Afrikaans PWL
1Ek het יהוה lief, want Hy hoor die stem van my smekinge.

2Hy sal Sy oor na my toe draai op die dag wat ek uitroep na Hom.

3Die spasmas van die dood het my omring en die pyne van Sh’ol het my gevind; ek het moeilikheid en smarte gevind.

4Toe het ek die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep: “O, יהוה, red my lewe.”

5יהוה wys onverdiende guns en is regverdig, ons God gee om.

6יהוה bewaar die eenvoudiges; Hy het my nederig gemaak en my gered.

7Keer terug na jou rus, o my lewe, want יהוה het jou goed behandel,

8want Hy het my lewe gered uit die dood en my voete van val.

9Ek sal vir U aanvaarbaar wees, o יהוה, in die lande van die lewendes.

10Ek het vertrou; daarom het ek gepraat, ek is uitermate nederig gemaak.

11Ék het in my dwaasheid gesê: “Alle mense is leuenaars.”

12Wat sal ek aan יהוה bied vir al Sy voordele aan my?

13Ek sal die beker van verlossing vat en die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aanroep.

14Ek sal nou my geloftes aan יהוה betaal in die teenwoordigheid van die hele volk.

15Die dood van Sy afgesonderdes is kosbaar in die oë van יהוה.

16O יהוה, sekerlik is ek U dienskneg; ek is U dienskneg en die seun van U diensmaagd; U het my bande losgemaak.

17Ek sal aan U die offer van danksegging bring en die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aanroep.

18Ek sal nou my geloftes aan יהוה betaal in die teenwoordigheid van die hele volk,

19in die howe van die huis van יהוה, binne-in jou, o Yerushalayim! Loof Yah helder en duidelik!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 115
Top of Page
Top of Page