Psalms 115
Afrikaans PWL
1Nie aan ons nie, o יהוה, nie aan ons nie, maar gee eer en lof aan U Naam (Karakter en Outoriteit), om U goedheid en waarheid se ontwil

2sodat die ander nasies geen rede het om te sê: “Waar is hulle God nou?” nie.

3Ons God is egter in die hemele; Hy het gedoen wat Hom tevrede stel.

4Die afgode van die ander nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.

5Hulle het monde, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6hulle het ore, maar hoor nie; neuse, maar ruik nie;

7hulle het hande, maar hulle voel nie; voete, maar hulle loop nie; ook praat hulle nie deur hul kele nie.

8Laat die wat hulle maak en elkeen wat op hulle vertrou, net soos hulle word.

9Die huis van Yisra’el, vertrou op יהוה; Hy is hulle Hulp en hulle Skild!

10Die huis van Aharon, vertrou op יהוה; Hy is hulle Hulp en hulle Skild!

11Julle wat יהוה respekvol vrees, vertrou op יהוה: Hy is julle Hulp en julle Skild.

12יהוה het aan ons gedink; Hy sal ons seën, Hy sal die huis van Yisra’el seën, Hy sal die huis van Aharon seën.

13Hy sal hulle seën wat יהוה respekvol vrees, beide klein en groot.

14יהוה sal julle meer en meer vermenigvuldig, julle en jul kinders.

15Julle is geseënd deur יהוה wat hemel en aarde gemaak het.

16Die hemele, selfs die hemele behoort aan יהוה, maar die aarde het Hy aan die seuns van die mens gegee.

17Nie die dooies, of enige een wat afgaan na die duisternis, loof יהוה helder en duidelik nie,

18maar óns sal voor יהוה buig, van nou af aan vir ewig. Loof Yah helder en duidelik!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 114
Top of Page
Top of Page