Afrikaans PWL 1Moshe het met die hoofde van die stamme van die seuns van Yisra’el gepraat en gesê: “Hierdie is dit wat יהוה beveel het:
2‘Wanneer iemand aan יהוה ’n gelofte doen of ’n eed sweer waardeur hy homself tot iets verbind, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet alles doen wat uit sy mond uitgaan. 3Wanneer ’n vrou aan יהוה ’n gelofte gedoen het of haarself tot iets verbind het terwyl sy jonk was in haar vader se huis 4en haar vader van haar gelofte hoor of van die verbintenis waartoe sy haarself verbind het en haar vader oor haar stilgebly het, dan sal al haar geloftes staan en elke verbintenis waartoe sy haarself verbind het, sal staan, 5maar as haar vader haar verbied op die dag dat hy daarvan hoor, sal geen van haar geloftes en verbintenisse waartoe sy haarself verbind het, staan nie en יהוה sal haar vergewe omdat haar vader haar verbied het. 6As sy met ’n man sou trou terwyl haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig gesê is, waardeur sy haarself verbind het 7en haar man daarvan hoor en op die dag wat hy dit hoor daaroor stilbly, dan sal haar geloftes staan en elke verbintenis waartoe sy haarself verbind het, sal staan. 8As haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar verbied, dan maak hy haar gelofte, wat op haar rus, tot niet en ook dit wat onverskillig gesê is, waardeur sy haarself verbind het en יהוה sal haar dit vergewe. 9Die gelofte van ’n weduwee of van ’n vrou wat geskei is; alles waardeur sy haarself verbind het, sal teenoor haar vasstaan. 10As sy in die huis van haar man ’n gelofte gedoen het of haarself verbind het met ’n eed 11en haar man daarvan hoor en stilbly teenoor haar en haar nie verbied nie, dan sal al haar geloftes staan en elke verbintenis waartoe sy haarself verbind het, sal staan. 12As haar man die dinge uitdruklik verbreek op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat oor haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van dit waartoe sy haarsalf verbind het, staan nie; haar man het dit verbreek en יהוה sal haar dit vergewe. 13Elke gelofte, elke eed en elke verbintenis om haarself te verneder; haar man sal dit laat vasstaan, of haar man kan dit vernietig. 14As haar man van dag tot dag heeltemal stilbly teenoor haar, dan het hy al haar geloftes en alles waartoe sy haarself verbind het, bevestig; hy het dit bevestig, want hy het stilgebly teenoor haar op die dag dat hy daarvan gehoor het. 15As hy dit duidelik tot niet maak nadat hy daarvan gehoor het, dan dra hy haar skuld.’” 16Hierdie is die opdragte wat יהוה Moshe beveel het tussen ’n man en sy vrou en tussen ’n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is. Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |