Levitikus 12
Afrikaans PWL
1Verder het יהוה met Moshe gepraat en gesê: 2“Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘As ’n vrou swanger word en geboorte gee aan ’n seun, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van haar menstruasie, sal sy onrein wees. 3Op die agtste dag moet die vlees van sy voorhuid besny word. 4Sy bly dan drie en dertig dae onrein asof in die bloed van haar reiniging. Sy mag aan niks wat afgesonder is raak nie en sy mag nie in die afgesonderde plek kom totdat die dae van haar reiniging voltooi is nie, 5maar as sy geboorte gee aan ’n dogter, sal sy twee weke onrein wees soos met haar menstruasie. Dan moet sy ses en sestig dae bly in die bloed van haar reiniging.

6Wanneer die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif na die priester toe bring as sondoffer, na die ingang van die Tent van Ontmoeting 7en hy moet dit offer voor die Teenwoordigheid van יהוה en vir haar toedekking doen, dan sal sy rein wees van die vloei van haar bloed. Dit is die wet vir haar wat geboorte gee aan ’n seun of ’n dogter. 8As sy nie ’n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe vat, een as brandoffer en een as sondoffer en die priester moet vir haar toedekking doen; dan sal sy rein wees.’ “

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Leviticus 11
Top of Page
Top of Page