Job 7
Afrikaans PWL
1Let op, daar is ’n vasgestelde tyd vir die mens op aarde en sy dae is soos die dae van ’n huurling,

2soos ’n slaaf wat gretiglik begeer na die aandskemer en soos ’n huurling wat kyk om sy taak te voltooi;

3so het ek maande van teleurstelling geërf en moeisame nagte word vir my uitgemeet.

4Wanneer ek gaan lê, sê ek: “Wanneer sal ek opstaan?” en die nag blyk lank te wees; wanneer ek gaan rus, rol ek rond tot dagbreek toe.

5My vlees is bedek met wurms en my liggaam met stof; my vel krimp op en val uitmekaar.

6My dae is vinniger as ’n wewerspoel en gaan verby sonder verwagting.

7O, onthou tog dat my gees nog lewe; nogtans, my oog sal weer die goeie sien.

8Die oog van hom wat my gesien het, sal nie meer bly wees nie. U oë is op my en ek is nie weg nie!

9Soos die wolk wegkwyn en verdwyn, so sal hy wat afgaan na Sh’ol, nie weer opkom nie.

10Hy sal nie meer teruggaan na sy huis toe en sy plek nie meer herken nie;

11daarom sal ek nie my mond inhou nie, ek sal praat vanuit die beangstheid van my gees, ek sal kla in die bitterheid van my lewe.

12Is ek ’n see, of ’n seemonster dat U ’n wag oor my aanstel?

13Ek het gesê dat U my sal troos en ek sal verlig word van die pyn van my siekbed

14en let op, U verskrik my deur drome en maak my bang deur visioene;

15U het my lewe vanuit vernietiging getrek en my gebeente uit die dood.

16Ek is moedeloos; ek sal nie vir ewig lewe nie; los my uit, want my lewe is nietig.

17Wat is die mens dat U hom oplig en dat U aan hom sou dink

18en dat U hom elke oggend sou besoek en hom elke oomblik toets?

19Vir hoe lank wil U dit nie van my af wegvat nie, of my alleen laat? Totdat ek my spoeg insluk?

20As ek gesondig het, wat het ek aan U gedoen, o, Skepper van die mens? Waarom het U my as ’n teiken opgestel sodat ek ’n las geword het?

21Tot wanneer sal U nie my oortreding vergewe en my boosheid verwyder nie? Nou sal ek in die stof lê en U sal my soek, maar ek sal nie meer wees nie.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 6
Top of Page
Top of Page