Job 6
Afrikaans PWL
1Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2“Ag, as my leed maar geweeg is en my rampe daarteenoor in die skaal gelê is,

3dan sou dit swaarder wees as die sand van die seë; daarom word my woorde teruggehou,

4want die pyle van die Almagtige is in my vlees en hulle gif drink my gees op; die vreeslikheid van God het my bang gemaak!

5Balk die wilde-donkie oor die gras of bulk ’n bees oor sy voer?

6Kan iets wat onsmaaklik is, sonder sout geëet word of is daar enige smaak in die wit van ’n eier?

7My lewe is moeg van sy probleme; ek kla soos ’n dronk mens in my lyding.

8Ag, dat ek my versoek mag ontvang en dat God my dit wat ek na verlang sal gee

9sodat God mag toegee om my te reinig en Sy hand mag uitsteek en my heel maak;

10om weer my Troos te wees sodat ek herstel kan word tot my krag sonder mate, want ek het nie gelieg teen die woorde van die Afgesonderde Een nie.

11Wat is my krag dat ek sou kon uithou en wat is my einde dat ek geduldig sou wees?

12Is my krag soos die krag van klippe of is my vlees van koper?

13Let op, Sy hulp is nie in my nie en Sy redding is ver van my af.

14Hy wat liefdevolle omgee weghou van sy vriend af, versaak die respekvolle vrees vir die Almagtige.

15My broers het misleidend opgetree soos ’n droë spruit, soos stroomversnellings wat weggaan.

16Op die wat bang is vir ys, het baie sneeu geval;

17wanneer die son oor hulle skyn, smelt hulle, wanneer dit warm is, smelt hulle en verdwyn uit hul plek uit.

18Die paaie van hulle lewenswyse kronkel, hulle dwaal af van hulle pad en vergaan,

19want hulle het gekyk na die paaie van die suide en het gewag op die paaie van Sh’va.

20Hulle is beskaamd in dit waarvoor hulle gehoop het; hulle het daar gekom en was teleurgesteld.

21Julle het ook so vir my geword, want voordat julle angs gesien het, was julle bang.

22Het ek gesê: ‘Bring vir my ’n geskenk, of bied vanuit jou rykdom omkoopgeld aan namens my?’

23Of: ‘Red my uit die hand van my onderdrukker?’ Of: ‘Bevry my uit die hand van die magtiges?’

24Leer my en ek sal stilbly en laat my verstaan waarin ek verkeerd gedoen het.

25Waarom verwerp julle die woorde van waarheid? Wie van julle is in staat om te bestraf en te dissiplineer?

26Let op, julle probeer woorde vind om mee te bestraf en julle maak woorde op teen my lewe!

27Let op, julle oorweldig die vaderlose en maak julle vriend hartseer.

28Luister daarom nou en let op en ek sal in julle teenwoordigheid praat en nie lieg nie.

29Erken, bely en draai terug en moenie soos bose mense word nie; erken, bely en draai terug en word onskuldig verklaar.

30Is daar boosheid op my tong, of praat my mond nie die waarheid nie?

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 5
Top of Page
Top of Page