Job 14
Afrikaans PWL
1Die mens wat uit ’n vrou gebore is, is kort van dae en vol moeilikheid.

2Hy spruit uit soos ’n blom, verwelk en kwyn weg; hy vlug soos ’n skaduwee en hou nie stand nie.

3Maak U U oë oop oor so een en bring hom tot oordeel voor U?

4Wie kan ’n rein ding voortbring uit die onreine? Nie een nie!

5Aangesien sy dae bepaal is en die getal van sy maande vasgestel is, het U sy grense vasgestel wat hy nie kan oortree nie;

6draai U gesig weg van hom af en sy dae sal wees soos die van ’n huurling,

7want as ’n boom afgekap word, is daar versekerde verwagting dat dit weer sal uitspruit en sy sagte lote sal nie ophou nie.

8Alhoewel sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die grond,

9tog, by die reuk van water sal dit uitspruit en blare voortbring soos ’n plant,

10maar ’n mens sterf en kwyn weg, ja, ’n mens sterf en hy is nie meer nie.

11Soos die waters verdwyn uit die see en ’n rivier verlate word en opdroog,

12so staan die mens wat lê nie weer op nie. Totdat die hemele nie meer is nie, sal hulle nie wakker word of uit hul slaap opgewek word nie.

13Ag, dat U my in Sh’ol sou wegsteek; dat U my in ’n geheime plek sou wegsteek totdat U woede uitgewoed is; dat U ’n bepaalde tyd vir my sou aanstel en my onthou!

14As ’n mens sterf, sal hy weer lewe? Al die dae van sy jeug wag hy tot die oudag kom.

15As U my sou roep, sal ek U antwoord; U sal dink aan die werk van U hande,

16want nou tel U nie my treë nie en U hou nie wag oor my sondes nie.

17My rebellie is verseël in ’n sak en my sondes verwyder.

18Waarlik, ’n groot berg val en ’n rots beweeg uit sy plek;

19die waters verslyt die klippe en was die grond van die aarde weg; so vernietig U die hoop van die mens.

20U hou voortdurend aan teen hom en hy gaan verby; U gooi hom weg met skande op sy gesig.

21As sy seuns vermeerder, weet hy dit nie; as hulle minder word, merk hy dit nie op nie,

22maar die vlees aan hom sal pyn hê en die lewe in hom sal treur.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 13
Top of Page
Top of Page