Job 13
Afrikaans PWL
1Let op, my oog het alles gesien, my oor het dit gehoor en verstaan.

2Wat julle weet, weet ek ook; ek is nie minderwaardig teenoor julle nie,

3maar ek sal met die Almagtige praat en die bewys met Hom beredeneer,

4maar julle is vervalsers van leuens; julle is almal waardelose geneesers.

5Ag, as julle maar saam sou stilbly, sou dit vir julle tot wysheid wees!

6Hoor nou my teregwysing en luister na die pleidooi van my lippe.

7Wil julle boos praat teen God en misleidend teen Hom praat?

8Wil julle Hom respekteer; wil julle argumenteer met Hom?

9Is dit vir julle goed as Hy julle ondersoek, of as julle deur Hom beoordeel word soos deur ’n mens?

10Hy sal julle sekerlik bestraf as julle partydig is.

11Sy Eksellensie sal wraak teen julle soek en Sy angswekkendheid sal julle oorval.

12Onthou dat julle krag van die aarde af kom en julle blyplek van klei is.

13Bly stil, laat my met rus sodat ek ook mag praat en alles vertel wat oor my gekom het.

14Waarom word ek so aangeval en waarom is my lewe aan gevaar blootgestel?

15Alhoewel Hy my sou doodmaak, steeds sal ek na Hom soek, want my lewenswyse is voor Hom.

16Hy sal ook my Verlosser wees, want ’n toneelspeler van ’n vals karakter sal nie in Sy Teenwoordigheid kom nie.

17Luister intens na my rede en ek sal my verklaring in jou teenwoordigheid gee.

18Let nou op, ek bepleit my saak; ek weet dat ek onskuldig is.

19Wie is hy wat met my sal stry? Nou sal ek stil wees en rus.

20Laat net twee dinge nie van my af weggaan nie, dan sal ek my nie van U af wegdraai nie:

21moenie U hulp van my af onttrek nie en laat vrees vir U my nie beangs maak nie.

22Roep dan na my en ek sal antwoord, of laat my praat en antwoord U my.

23Hoeveel is my booshede en sondes? Maak aan my bekend my rebellie en my sonde.

24Waarom verberg U U gesig vir my en beskou my as U vyand?

25Sal U op ’n gevalle blaar trap en sal U die droë gras in die lug agtervolg?

26Want U verklaar straf teen my en laat my die booshede van my jeug onthou;

27U plaas ook my voete in die blokke en hou al my lewenswyses dop. U sien die spore van my voete.

28Tog is ’n mens soos ’n verslete watersak en ’n kleed wat deur die motte geëet is.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 12
Top of Page
Top of Page