Job 15
Afrikaans PWL
1Toe het Elifaz, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2“Sal ’n geestelik wyse man antwoord met kennis en dan woedend word?

3Sal hy onderrig deur gewone praatjies of met waardelose woorde?

4Ja, jy verwerp ook respekvolle vrees en praat te veel in die Teenwoordigheid van God,

5want jou mond is gewoond om sondige dinge te uiter en jy verkies die misleidende tong van die listiges.

6Jou eie mond veroordeel jou en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou in my teenwoordigheid.

7Is jy die eerste mens wat gebore is, of is jy gevorm voor die heuwels?

8Het jy die geheime van God gehoor; is Sy wysheid aan jou openbaar;

9of wat weet jy wat ons nie weet nie, of wat verstaan jy wat ons nie verstaan nie?

10Let op, daar is tussen ons hulle met grys hare en die baie ou manne, baie ouer in dae as jou vader.

11Praat minder van God se dreigemente en praat sagkens met jouself.

12Waarom roem jou verstand, wil en emosie en vir wat knip jou oë

13dat jy roem in die Teenwoordigheid van God en sulke woorde uit jou mond laat kom?

14Wat is die mens sodat hy onskuldig sou wees, of hy wat uit ’n vrou gebore is sodat hy regverdig sou wees?

15Let op, Hy plaas geen vertroue in Sy afgesonderdes nie; ja, die hemele is nie rein in Sy oë nie.

16Alhoewel die mens verwerp en gepynig behoort te word, sal hy nogtans boosheid drink soos water!

17Luister na my, ek sal jou wys en dit wat ek gesien het, wil ek herhaal;

18dit wat die wyse manne verkondig het en nie van hulle vaders weggesteek is nie,

19aan wie alleen die land gegee is en geen vreemdeling het tussen hulle deurgetrek nie.

20Al sy dae verhoog die bose man homself en die getal van die jare van die geweldenaar is verborge.

21’n Skrikwekkende klank is in sy ore; in oorvloed sal die Vernietiger oor hom kom.

22Hy glo nie dat hy omvergewerp sal word as gevolg van die duisternis en dat hy die swaard sal sien nie.

23Hy vlug as gevolg van die dreigement van oordeel; hy weet nie dat die dag van duisternis reeds op hande is nie.

24Moeilikheid en angs sal hom oorval, soos ’n koning gereed vir die geveg

25omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en homself versterk het teen die Almagtige.

26Hy het Hom trots tromp-op stormgeloop met die menigte van sy skilde,

27want hy het homself mislei met sy rykdom en stel sy sterkte voor sy selfvertroue

28en hy bly in verlate stede, wat geen man bewoon het nie; dan berei hy voor vir oorlog.

29Hy sal nie voortgaan nie en sy krag sal nie uithou nie en ook sal sy woorde nie op die aarde gevestig word nie.

30Hy sal nie uit die duisternis uitkom nie, die vlam sal sy takke opdroog en deur die asem van sy mond sal hy verwerp word.

31Laat hom nie vertrou op misleidende nietighede nie, want sy groei is nutteloos.

32Hy sal uitdroog voor sy tyd en die werke van sy hande sal nie gevind word nie.

33Hy sal sy onryp druiwe afskud soos die wingerdstok en sy bloeisels afgooi soos die olyfboom,

34want die vergadering van die onreines sal verlate wees en vuur sal die tente van omkopery verteer.

35Hulle is met moeite bevrug, gee geboorte aan misleiding en hulle maag is vol bedrog.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 14
Top of Page
Top of Page