Jeremia 47
Afrikaans PWL
1Dit wat as die woord van יהוה tot Yirmeyahu, die profeet, gekom het aangaande die F’lishtyne, voordat Farao vir `Azah ingeneem het.

2So sê יהוה: “Let op, waters gaan oprys uit die noorde en ’n oorlopende stroom word en die land en sy volheid oorstroom, die stad en die wat daarin woon en die mense sal uitroep en al die inwoners van die land sal huil,

3as gevolg van die galoppende pote van sy perde, die geraas van sy strydwaens, die gedreun van sy wiele. Die vaders het nie teruggedraai vir die seuns nie, as gevolg van die slapheid van hulle hande,

4weens die dag wat kom om al die F’lishtyne te vernietig, om van Tzor en Tzidon die laaste bondgenoot af te sny, want יהוה gaan die F’lishtyne vernietig, die wat oorbly in die kusland van Kaftor.

5’n Kaalte het op `Azah gekom; Ashkelon is vernietig. O, die wat oorbly van die vallei, hoe lank sal jy jouself stukkend kerf?

6Ag, swaard van יהוה, hoe lank sal jy nie stil wees nie? Trek terug in jou skede, rus en wees stil.

7Hoe kan dit stil wees wanneer יהוה aan dit ’n bevel gegee het teen Ashkelon en teen die seekus, want teen hierdie plekke het Hy straf aangewys.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jeremiah 46
Top of Page
Top of Page