Jesaja 43
Afrikaans PWL
1maar nou, so sê יהוה, jou Skepper, o Ya’akov en Hy wat jou gevorm het, o Yisra’el: “Moenie vrees nie, want Ek het jou vrygekoop; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

2As jy deur die water gaan, sal Ek by jou wees en deur die riviere, hulle sal jou nie oorstroom nie. Wanneer jy deur die vuur loop, sal jy nie geskroei word nie en die vlam sal jou nie brand nie,

3want Ek is יהוה, jou God, die Afgesonderde Een van Yisra’el, jou Verlosser; Ek het Mitzrayim gegee as losprys vir jou, Kush en S’va in jou plek.

4Omdat jy waardevol is in My oë, geëerd is en Ek jou liefhet, sal Ek ander mense in jou plek gee en volke inruil vir jou lewe.

5Moenie vrees nie, want Ek is by jou; Ek sal jou nageslag van die ooste af bring en jou bymekaarmaak van die weste af.

6Ek sal vir die noorde sê: ‘Gee!’ en vir die suide: ‘Moet hulle nie terughou nie!’ Bring My seuns van ver en My dogters vanaf die einde van die aarde,

7elkeen wat na My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem is en wat Ek geskep het vir My lof, eer en aanbidding; wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.”

8Bring die volk wat blind is uit alhoewel hulle oë het en die dowes alhoewel hulle ore het.

9Al die nasies het saam vergader sodat die volke vergader kan wees. Wie tussen hulle kan hierdie verkondig en aan ons die vorige dinge bekendmaak? Laat hulle hul getuies bring sodat hulle onskuldig verklaar kan word; of laat hulle hoor en sê: ‘Dit is die waarheid!’

10Júlle is My getuies,” verklaar יהוה, “My diensknegte wat Ek gekies het sodat julle kan weet en My kan vertrou en kan verstaan dat dit Ek is. Voor My is geen god gevorm nie en daar sal geen ná My wees nie.

11Ek, Ek is יהוה en daar is geen Verlosser buiten My nie.

12Dit is Ék wat verkondig, gered en aangekondig het en daar was geen vreemde god onder julle nie; julle is My getuies,” verklaar יהוה, “en Ek is God.

13Selfs van ewigheid af is Ek Hy en daar is niemand wat kan red uit My Hand nie; Ek tree op en wie kan dit omkeer?”

14So sê יהוה, jou Loskoper, die Afgesonderde van Yisra’el: “Om julle ontwil het Ek na Bavel gestuur en sal hulle almal, die Kasdeërs, as vlugtelinge laat afkom in die skepe waarop hulle hul beroem.

15Ek is יהוה, julle Afgesonderde Een; die Skepper van Yisra’el, julle Koning.”

16So sê יהוה wat deur die see ’n roete en deur die magtige waters ’n pad gemaak het,

17wat die strydwa en die perd, die leërmag en die magtige manne laat deurkom het; hulle sal saam lê en nie weer opstaan nie; hulle is uitgedoof en uitgeblus soos ’n lamppit.

18“Moenie die vorige dinge oproep of dinge van die verlede oordink nie.

19Let op, Ek sal iets nuuts doen, nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie opmerk nie? Ek sal selfs ’n pad in die wildernis maak, riviere in die woestyn.

20Die wilde diere van die veld sal My loof en eer, die jakkals en die volstruis, want Ek het waters in die wildernis gegee en riviere in die woestyn, om My gekose volk te laat drink.

21Die volk wat Ek vir Myself gevorm het, sal My lof verkondig.

22Nogtans het jy My nie aangeroep nie, o Ya’akov, maar Ek het jou geroep, o Yisra’el!

23Jy het nie die skape van jou brandoffers vir My gebring nie en My ook nie geëer met jou slagoffers nie. Ek het jou nie belas met offers en jou ook nie moeg gemaak met wierook nie.

24Jy het nie vir My suikerriet met geld gekoop nie en My ook nie gevul met die vet van jou offers nie, maar jy het My belas met jou sondes, jy het My moeg gemaak met jou oortredinge.

25Ek, Ek is die Een wat jou wetsoortredinge uitvee om My ontwil en Ek sal nie aan jou sondes dink nie.

26Herinner My, laat ons ons saak saam bepleit; stel jou saak sodat jy reg bewys kan word.

27Jou eerste voorvader het gesondig en jou spreekbuise het teen My oortree.

28Jou prinse het die Afgesonderde Plek onteer; daarom het Ek Ya’akov aan die vervloeking oorgegee en Yisra’el aan bespotting,

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 42
Top of Page
Top of Page