Prediker 11
Afrikaans PWL
1Gooi jou brood uit op die waters, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind. 2Gee ’n deel aan sewe, ja, ook aan agt, want jy weet nie watter ongeluk daar op die aarde kan kom nie. 3As die wolke vol reën is, maak hulle hulself leeg op die aarde en as ’n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom val, daar sal hy wees. 4Hy wat die wind dophou, sal nie saai nie en hy wat na die wolke kyk, sal nie oes nie. 5Soos wat jy nie die pad van die wind ken, of die werking van ’n vrou wat verwag nie, net so ken jy nie die werk van God, wat alles maak nie.

6Saai jou saad in die oggend en hou nie jou hand terug in die aand nie, want jy weet nie watter sal voorspoedig wees, of hierdie of daardie en of altwee ewe goed sal wees nie.

7Waarlik, soet is die lig en dit is ’n goeie ding vir die oë, maar meer nog vir hulle wat die son sien. 8As die mens baie jare leef en hom in hulle almal verbly, laat hom steeds die jare van duisternis onthou, want hulle sal baie wees; alles wat kom, is waardeloos.

9Verbly jou, o jongman, in jou jeug en dit sal met jou goed gaan en loop in die lewenswyses van jou verstand, wil en emosie en wat jy sien met jou oë, maar weet dat God jou oor al hierdie dinge tot oordeel sal bring. 10Verwyder daarom woede uit jou verstand, wil en emosie en sit boosheid weg van jou vlees, want die jeug en onkunde is waardeloos.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Ecclesiastes 10
Top of Page
Top of Page