Prediker 12
Afrikaans PWL
1Onthou nou jou Skepper in die dae van jou jonkheid, voordat die bose dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: “Ek het geen plesier daarin nie,” 2voordat die lewe terugtrek, skoonheid dof word, rykdom faal en ná die voorspoed, armoede terugkeer, 3op die dag wanneer die bene bewe en die arms verswak en die tande nie meer kou nie omdat hulle min geword en die oë dof geword het. 4Die ore sal so dof geword het dat die klank van vrouens wat by die meul maal sag sal wees en ’n man sal opstaan by die sang van voëls en die klank van singende vroue sal dof word. 5Hy sal bang wees vir dit wat hoog is en bewe op die pad en slapeloosheid sal oor hom kom; die amandelboom sal bloei en die sprinkane vermeerder, die lekker reuk sal versprei en probleme sal ophou, want die mens gaan na die huis van sy beloning en die wat rou loop op die strate rond. 6Onthou Hom voordat die silwerdraad afgesny word en die goue bak gebreek word en die kruik by die fontein gebreek word of die wiel by die put gebreek word, 7dan sal die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was en die gees sal na God terugkeer wat dit gegee het. 8Waardeloos van waardeloosheid, sê die prediker, dit is alles waardeloos.

9Meer nog: omdat die prediker wys was, het hy steeds die volk kennis geleer, ja, hy het goed aandag gegee en ondersoek en baie spreuke saamgestel. 10Die prediker het gesoek om aanvaarbare woorde te vind en hy het die woorde van waarheid opreg geskryf.

11Die woorde van die wyse manne is soos ’n os-prik en soos spykers wat diep ingeslaan is, wat deur ambagsmanne beplan is en deur een meesterbouer gegee is. 12Verder, my seun, gee aandag; aan baie boeke skryf, is daar geen einde nie en baie studie is uitputtend vir die vlees.

13Laat ons die bevinding van die hele saak hoor: “Vrees God respekvol en doen Sy opdragte, wat gegee is deur Een Meester aan elke mens, 14want God sal elke daad tot oordeel bring, aangaande alles wat weggesteek en bekend is, of dit goed is of boos.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Ecclesiastes 11
Top of Page
Top of Page