2 Samuel 22
Afrikaans PWL
1Dawid het die woorde van hierdie lied tot יהוה gespreek op die dag toe יהוה hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Sha’ul.

2Hy het gesê: “יהוה is my Rots en my Vesting en my Bevryder;

3my God, my Rots, by wie ek skuil; my Skild en die Horing van my verlossing, my Vesting en my Skuilplek; my Verlosser, U red my van geweld.

4Ek roep יהוה aan wat waardig is om geloof te word en ek word van my vyande gered,

5want die golwe van die dood het my omring, strome van wettelose manne het my bang gemaak

6Die bande van Sh’ol het my omring; die strikke van die dood het my gekonfronteer.

7In my benoudheid, het ek יהוה aangeroep, ja, ek het geroep tot my God en vanaf Sy tempel het Hy my stem gehoor en my hulpgeroep, in Sy ore.

8Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en is geskud omdat Hy woedend was.

9Rook het opgegaan vanuit Sy neusgate, vuur vanuit Sy mond het verteer; kole is daardeur aan die brand gesteek.

10Hy het die hemel neergebuig en afgekom, met dik duisternis onder Sy voete.

11Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; Hy het op die vlerke van die wind verskyn.

12Hy het duisternis as afdakke rondom Hom gesit, massas van waters, dik wolke van die lug.

13Vanuit die helderheid voor Hom is kole voor Hom aan die brand gesteek.

14יהוה het vanuit die hemel gedonder en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor.

15Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, weerligstrale en hulle op die vlug laat slaan.

16Toe het die kanale van die see sigbaar geword, die fondasies van die wêreld is blootgelê, deur die bestraffing van יהוה, by die blaas van die asem vanuit Sy neusgate.

17Hy het vanuit die hoogte gestuur, Hy het my gegryp, Hy het my uit baie waters getrek.

18Hy het my bevry van my sterk vyand, van die wat my haat, want hulle was te sterk vir my.

19Hulle het my gekonfronteer op die dag van my nood, maar יהוה was my ondersteuning.

20Hy het my ook uitgebring in ’n ruim plek in, Hy het my gered omdat Hy behae in my gehad het.

21יהוה het my beloon volgens my onpartydige opregtheid; volgens die reinheid van my hande het Hy my vergoed,

22want ek het al die lewenswyses van יהוה gehou en nie boos opgetree teenoor my God nie,

23want al Sy instellings was voor my en van Sy voorskrifte het ek nie afgewyk nie.

24Ek was ook skuldloos teenoor Hom en ek het myself weerhou van oortreding van die wet;

25daarom het יהוה my vergoed volgens my onpartydige opregtheid, volgens my reinheid voor Sy oë.

26By die wat omgee, wys U Uself as een wat omgee, by die skuldlose wys U Uself skuldloos,

27by die reine, wys U Uself rein en by die perverse, wys U Uself uitgeslape.

28U verlos ’n verdrukte volk, maar U oë is op die hoogmoediges; U verneder hulle,

29want U is my Lamp, o יהוה en יהוה verlig my duisternis,

30want met U loop ek ’n bende storm, met die hulp van my God kan ek oor ’n muur spring.

31Wat God betref, Sy pad is volmaak; die woord van יהוה is getoets; Hy is ’n Skild vir almal wat by Hom skuil,

32want wie is God buiten יהוה en wie is ’n Rots buiten ons God?

33God is my sterk Vesting en Hy plaas die skuldlose op Sy pad.

34Hy maak my voete soos dié van hertooie, en laat my staan op my hoë plekke.

35Hy oefen my hande vir die geveg sodat my arms ’n koper boog kan span.

36U het ook vir my die skild van U verlossing gegee en U hulp maak my groot.

37U vergroot my treë onder my en my voete het nie gegly nie.

38Ek het my vyande agtervolg en hulle vernietig en ek het nie teruggedraai voordat hulle verteer is nie.

39Ek het hulle verteer en hulle verbrysel sodat hulle nie opstaan nie en hulle het onder my voete geval,

40want U het my met krag omgord vir die geveg, U het hulle wat teen my opstaan aan my onderwerp.

41U het ook my vyande hulle rug na my laat draai en ek het dié vernietig wat my haat.

42Hulle het gekyk, maar daar was niemand om te red nie; selfs na יהוה, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43Toe het ek hulle gemaal soos die stof van die aarde, ek het hulle fyn gebreek en vertrap soos die vuilgoed van die strate.

44U het my ook bevry van die twiste van my mense; U het my bewaar as hoof van die nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, dien my.

45Uitlanders maak asof hulle my gehoorsaam sodra hulle hoor, gehoorsaam hulle my.

46Uitlanders verloor moed en kom bewend uit hulle vestings uit.

47יהוה leef! Geseënd is my Rots. Laat God verhewe wees, die Rots van my verlossing;

48die God wat die wraak vir my uitoefen en volke onder my onderwerp,

49wat my ook uitbring onder my vyande; U lig my selfs op bo dié wat teen my opstaan; U red my van die man van geweld;

50daarom sal ek aan U, o יהוה, dank bring tussen die nasies en ek sal lofprysing sing tot U Naam (Karakter en Outoriteit);

51Hy is ’n toring van bevryding vir Sy koning en wys sagte omgee aan Sy gesalfde, aan Dawid en sy nageslag vir ewig.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Samuel 21
Top of Page
Top of Page