1 Samuel 3
Afrikaans PWL
1Die jongman Sh’mu’el het יהוה gedien voor `Eli en die boodskap van יהוה was skaars in daardie dae; visioene was daar nie dikwels nie.

2Dit het gebeur in dié tyd terwyl `Eli op sy plek lê (sy oë het begin swak word, hy kon nie goed sien nie) 3en die lamp van God nog nie doodgegaan het nie en Sh’mu’el gelê het in die tempel van יהוה, waar die ark van God was 4dat יהוה na Sh’mu’el geroep het en hy sê: “Hier is ek.” 5Toe hardloop hy na `Eli en sê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie; gaan lê weer.” Hy het toe geloop en gaan lê. 6יהוה het weer geroep: “Sh’mu’el!” Sh’mu’el het opgestaan en na `Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie, my seun, gaan lê weer.” 7Nou Sh’mu’el het nog nie ’n verbondsverhouding met יהוה gehad nie; ook was die boodskap van יהוה nog nie aan hom geopenbaar nie. 8יהוה het Sh’mu’el weer geroep, vir die derde maal en hy het opgestaan en na `Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe het `Eli onderskei dat יהוה die jongman geroep het 9en `Eli het vir Sh’mu’el gesê: “Gaan lê en as Hy jou roep, moet jy antwoord: ‘Praat, יהוה, want U dienskneg luister.’” Sh’mu’el het geloop en op sy plek gaan lê.

10Toe het יהוה gekom en gaan staan en geroep soos die ander kere: “Sh’mu’el, Sh’mu’el!” Sh’mu’el het gesê: “Praat, want U dienskneg luister.” 11יהוה het vir Sh’mu’el gesê: “Let op, Ek is op die punt om ’n ding in Yisra’el te doen waarvan albei die ore van elkeen wat dit hoor sal tuit. 12Op daardie dag sal Ek teen `Eli uitvoer alles wat Ek aangaande sy huis gesê het, van begin tot end, 13want Ek het hom vertel dat Ek op die punt is om sy huis vir ewig te oordeel vir die onregverdigheid waarvan hy geweet het, want sy seuns het ’n vloek oor hulleself gebring en hy het hulle nie bestraf nie. 14Ek het daarom teen die huis van `Eli gesweer dat die onregverdigheid van die huis van `Eli tot in ewigheid nie deur offers of gekenke toegedek sal word nie.”

15Sh’mu’el het gelê tot die oggend. Toe het hy die deure van die huis van יהוה oopgemaak, maar Sh’mu’el was bang om die visioen aan `Eli te vertel. 16Toe het `Eli vir Sh’mu’el geroep en gesê: “Sh’mu’el, my seun!” Hy antwoord: “Hier is ek.” 17Hy vra: “Wat is die boodskap wat Hy met jou gepraat het? Steek dit asseblief nie vir my weg nie. Mag God so aan jou doen en ook meer, as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gepraat het, vir my wegsteek.” 18Sh’mu’el het hom alles vertel en niks vir hom weggesteek nie. Hy het gesê: “Hy is יהוה; laat Hom doen wat Hy dink is goed.”

19So het Sh’mu’el gegroei en יהוה was by hom en het nie een van Sy boodskappe onvervuld laat bly nie. 20Die hele Yisra’el, vanaf Dan tot by Be’er-Sh’va het geweet dat Sh’mu’el bevestig is as ’n profeet van יהוה. 21יהוה het weer verskyn in Shiloh, want יהוה het Hom openbaar aan Sh’mu’el in Shiloh deur die boodskap van יהוה.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Samuel 2
Top of Page
Top of Page