Psalms 67
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied. 2 Mag God aan ons onverdiende guns skenk en ons seën; Sy Teenwoordigheid oor ons laat skyn

2sodat die mense op aarde U lewenswyse mag ken, U reddende genesing onder al die nasies.

3Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande.

4Laat die nasies bly wees en hardop sing, want U sal die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde regeer.

5Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande,

6dan sal die aarde sy vermeerdering oplewer en God, ons God, sal ons seën.

7God sal ons seën en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 66
Top of Page
Top of Page