Psalms 68
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid met instrumentale musiek; ’n lied. 2 Laat God opstaan; laat Sy vyande verstrooi word en laat hulle wat Hom haat voor Hom uit vlug!

2Soos rook weggedryf word, laat hulle só verdwyn; soos was smelt voor die vuur, laat die bose sterf in die Teenwoordigheid van God,

3maar laat die regverdiges bly wees, laat hulle sterk wees in die Teenwoordigheid van God, laat hulle hul verheug in Sy blydskap.

4Sing tot God, sing en maak musiek tot Sy Karakter en Outoriteit (Naam); lig Hom hoog wat op die hemele ry; יהוה is Sy Naam; spring van vreugde in Sy Teenwoordigheid!

5’n Vader van die vaderloses en ’n Regter van die weduwees is God in Sy afgesonderde blyplek.

6God plaas heeltemal alleen kinders in ’n huisgesin; Hy bevry die wat met kettings gebind is in oorwinning, maar die wat rebels is, bly in ’n geskroeide land.

7O God, toe U wel uitgetrek het voor U volk, toe U wel deur die wildernis marsjeer het,

8het die aarde geskud en die hemele neergebuig voor die Teenwoordigheid van God; selfs Sinai self is beweeg voor die Teenwoordigheid van God, die God van Yisra’el!

9U, o God, het ’n oorvloedige reën gestuur waardeur U U erfenis bevestig het toe dit moeg was.

10U lewende wesens het daarin gewoon; U, o God, het deur U goedheid vir die armes voorsien!

11יהוה sal goeie boodskappe bring met baie krag,

12dan sal die konings van die leërmagte verslaan word en die huishouding van God sal die buit verdeel.

13Alhoewel julle slaap tussen die dorings, nogtans sal julle beskermd wees, soos met die vlerke van ’n duif wat oordek is met silwer en haar vere met geel goud.

14Toe die Almagtige (Shaddai) ’n koning oor Tziyon aangestel het, het dit wit geword soos sneeu

15oor Tzalmon, oor die berg van God, oor die berge van Bashan en oor die bergtoppe.

16Wat wil julle hê, o julle berge van Bashan? Hierdie is die bergtop waarop God begeer om te bly; ja, יהוה sal vir ewig daarop bly.

17God ry saam met die menigte van engele; יהוה is tussen hulle, soos in Sinai, in Sy Afgesonderde Plek.

18U het opgestyg na bo, U het gevangenes weggedra,Efe 4:8 U het mense geseën met geskenke, maar rebelse manne sal nie in die Teenwoordigheid van Yah bly nie!

19Geseënd is יהוה, want Hy het ons gekies as Sy erfenis, ja God van ons verlossing!

20Hy wat ons God is, is die God van verlossing, יהוה-God wat die mag van lewe en dood het.

21God sal egter die kop van Sy vyande afkap, die harige skedel van hulle wat in hulle sonde volhard.

22יהוה het gesê: “Ek sal My volk red van die kranse, Ek sal My volk bring vanuit die dieptes van die see

23sodat jou voet, asook die tonge van jou honde, gedoop kan word in die bloed van jou vyande.

24Hulle het U prosessies gesien, o God, die prosessies van my God en my afgesonderde Koning.

25Die prinse het vooruit gegaan en die sangers het gevolg; tussen hulle was die maagde wat met tamboeryne speel.

26Seën God in die vergaderings; vir יהוה, julle wat van die fontein van Yisra’el is!

27Daar is klein Binyamin, met hulle heerser; die prinse van Y’hudah en hulle heersers; die prinse van Z’vulun en die prinse van Naftali.

28Beveel o God, U krag, versterk, o God, wat U vir ons gedoen het!

29Ter wille van U tempel in Yerushalayim sal die konings aan U geskenke bring.

30Bestraf die wilde diere van die vleie, die oorvloed van wilde bulle, die afgode van die volke wat oortrek is met silwer, verstrooi die volke wat plesier vind in oorloë.

31Ambassadeurs sal vanuit Mitzrayim kom, Kush sal spoedig haar hande uitsteek na God.

32Sing tot יהוה-God, o koninkryke van die aarde, sing met instrumente tot יהוה,

33tot Hom wat ry op die hoogste hemele; uit die ooste gee Hy Sy stem, ’n kragtige stem.

34Gee lof, eer en aanbidding aan God! Sy majesteit is oor Yisra’el en Sy sterkte in die hemele.

35O God, U word vereer vanuit U Afgesonderde Plek; dit is die God van Yisra’el wat sterkte en krag aan Sy volk gee. Geseënd is God!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 67
Top of Page
Top of Page