Psalms 66
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig met instrumentale musiek; ’n lied. Roep uit tot eer van God, alle lande!

2Sing en maak musiek tot eer van Sy Naam (Karakter en Outoriteit), lofprys die lof en eer van Sy Majesteit!

3Sê vir God: “Hoe wonderlik is U werke!” Deur die grootheid van U krag sal U vyande hulle aan U onderwerp.

4Die hele aarde sal neerval voor U en sing en musiek maak tot U eer; hulle sal U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig hoog oplig.

5Hulle sal sê: “Kom en sien die dade van God,” want Sy wonderwerke is groot teenoor die seuns van die mens.

6Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar het ons ons verheug in Hom.

7Hy heers vir ewig deur Sy krag; Sy oë sien die nasies raak. Laat die rebelses hulleself nie oplig nie.

8Kniel voor God en seën Hom julle volke en laat die stem van Sy lofprysing gehoor word;

9Hy wat ons in die lewe hou en nie toelaat dat ons voete wankel nie,

10want U het ons getoets, o God, U het ons gesuiwer soos ’n mens silwer suiwer.

11U het ons in die net ingebring, ’n las op ons heupe gelê.

12U het ons slawe gemaak, ons het deur vuur en deur water gegaan, maar eindelik het U ons uitgelei na ’n bevredigende plek.

13Ek sal in U huis ingaan met brandoffers; ek sal my geloftes teenoor U nakom,

14wat my lippe geuiter het en my mond gepraat het toe ek in die moeilikheid was.

15Vetgemaakte brandoffers sal ek vir U bring saam met die reukoffer van ramme; ek sal beeste en bokke offer.

16Kom, luister en hoor, al julle diensknegte van God en ek sal verklaar wat Hy vir my lewe gedoen het.

17Ek het na Hom uitgeroep met my mond en Hy het my geantwoord; ek het Hom geloof met my tong.

18As U boosheid in my verstand, wil en emosie sien, o יהוה, moet my nie red nie,

19maar waarlik het God my gehoor; Hy het aandag gegee aan die stem van my gebed.

20Geseënd is God wat my gebed nie verwerp het of Sy onverdiende guns van my af weggedraai het nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 65
Top of Page
Top of Page