Psalms 4
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; op snaarinstrumente: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Antwoord my wanneer ek roep, o God van my onpartydige opregtheid! In my benoudheid het U my bevry; buig af na my in goedheid en luister na my gebed!

2O manne, hoe lank sal julle my eer verdoesel? Hoe lank sal julle die waardelose liefhê, die misleiding soek?

3Weet egter dat יהוה die getroue een vir Homself afgesonder het; יהוה luister as ek na Hom roep.

4Word kwaad en moenie sondig nie; deurdink dit in julle harte op julle bed en wees stil.

5Offer die offers van onpartydige opregtheid en vertrou op יהוה.

6Baie sê: “Wie sal vir ons een wat goed is laat sien?” Lig die Lig van U Teenwoordigheid oor ons op, o יהוה!

7U het groter blydskap in my verstand, wil en emosie gegee as wanneer hulle graan en hulle nuwe wyn oorvloedig is.

8Ek sal beide in vrede gaan lê en gaan slaap, want U alleen, o יהוה, laat my in veiligheid leef.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 3
Top of Page
Top of Page