Psalms 3
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek, toe hy gevlug het voor sy seun Avshalom. O יהוה, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.

2Baie sê van my lewe: “Daar is geen bevryding vir hom in God nie.”

3U, יהוה, is egter ’n Skild rondom my, my lof, eer en aanbidding en die Een wat my kop oplig.

4Ek het uitgeroep na יהוה met my stem en Hy het my geantwoord vanaf Sy afgesonderde berg.

5Ek lê en het geslaap; ek het wakker geword, want יהוה ondersteun my.

6Ek sal nie bang wees vir tien duisende van mense wat hulleself rondom my opgestel het nie.

7Staan op, יהוה, red my, o my God, want U het al my vyande op die wang geslaan; U het die tande van die wetsoortreders stukkend gebreek.

8Verlossing behoort aan יהוה; laat U seën op U volk wees!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 2
Top of Page
Top of Page