Psalms 5
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; met blaasinstrumente: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. O יהוה, gee gehoor aan my woorde, oorweeg my klagtes.

2Luister na die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

3In die oggend, יהוה, sal U my stem hoor; in die oggend sal ek dit aan U voorlê en wag,

4want U is nie ’n God wat plesier put uit boosheid nie; geen wetsoortreders sal by U bly nie.

5Die grootpraters sal nie voor U oë staande bly nie; U haat almal wat wetsoortreders is.

6U vernietig dié wat valsheid praat; יהוה verag die man van bloedvergieting en misleiding.

7Wat my betref, deur U oorvloedige liefdevolle goedheid sal ek U huis ingaan, by U afgesonderde tempel sal ek neerbuig in respekvolle vrees vir U.

8יהוה, lei my in U onpartydige opregtheid en as gevolg van my vyande, maak U pad reguit voor my.

9Daar is niks betroubaar in wat hulle sê nie; hulle binneste is verwoesting. Hulle keel is ’n oop graf; hulle vlei met hul tong.

10Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle deur hul eie planne val. Gooi hulle uit in die menigte van hulle oortredinge, want hulle is rebels teen U,

11maar laat almal wat op U vertrou bly wees, U vir ewig oplig en verhoog en U sal tussen hulle bly en almal wat U Karakter en Outoriteit liefhet, sal deur U versterk word,

12want dit is U wat die regverdige man seën, o יהוה, U omring hom met guns soos met ’n skild.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 4
Top of Page
Top of Page